Ander MOS skole

Linden Akademie: ‘n trotse lid van Die MOS Inisiatief se netwerk van skole.

By Die MOS Inisiatief streef ons daarna om uitsonderlike opvoedkundige geleenthede te bied wat elke kind se volle potensiaal ontsluit. Ons is toegewyd aan die bevordering van ‘n liefde vir leer deur ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing te skep.

Ons skole, insluitend Linden Akademie, deel ‘n gesamentlike visie van akademiese uitnemendheid, karakterontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid.

Sluit aan by ons in hierdie opwindende reis en ontdek hoe ons elke leerder toerus om sukses te behaal.

a40447mos skolekaart slide

Skole in Die MOS Inisiatief netwerk

Kabouterbos

371 Murray St, Brooklyn, Pretoria, 0145

a40048 mos kabouterbos logo development finaal (1)

Kabouterbos in Brooklyn, Pretoria, is ‘n Christelik-gesentreerde kleuterskool wat ‘n liefdevolle tweede tuiste skep vir kinders vanaf 3 maande tot Graad RR. Ons is opgewonde om die pad saam met julle as gesin te begin en bied persoonlike aandag, kwaliteit Christelike onderrig, en uitgebreide Graad R voorbereiding. Met ons toegewyde personeel en gebalanseerde program wat die AONetwerk kurrikulum volg, verseker ons dat elke kind gereed is vir hul volgende mylpaal terwyl hulle in ‘n veilige, nurturing omgewing floreer.

https://www.kabouterbos.co.za/

Kleuterskool

Emmanuel Kindersentum

Kenmarstraat 517, Constantiapark, Pretoria, 0181

By Emmanuel Kindersentrum is ons nie net ‘n dagsorg of ‘n naskool nie; ons is ‘n gemeenskap waar jou kind veilig, geliefd en aangemoedig sal voel om hul potensiaal te verken.

https://emmanuelkindersentrum.co.za/

Kleuterskool

Knikkievallei

Emdonstraat 9, Kenmare, Krugersdorp

Knikkievallei verwelkom kinders vanaf die ouderdom van vier maande tot vyf jaar (graad RR). Knikkievallei is tot die behoud van hul kultuur, met ‘n fokus op Afrikaans en Christelike waardes, verbind. Die skool strewe daarna om kinders te leer om met respek op te tree.

https://knikkievallei.co.za/

Kleuterskool & Laerskool

Kosmos Akademie

Erf 12439, 374 JS Keerom, Glen Cullen Privaat Landgoed, Middelburg, Ex 39, Mpumalanga, 1050

Kosmos Akademie, die nuutste toevoeging tot Mpumalanga se onderwyslandskap, beloof om ‘n baken van Afrikaanse onderwys te wees. Ons skool is gebou op die grondslag van akademiese uitnemendheid en die algehele ontwikkeling van elke leerder, gereed om die toekoms met selfvertroue aan te pak.

https://www.kosmosakademie.co.za/

Kleuterskool

Abra-Kedabra créche

58 Malibu Str, Oakglen, Kaapstad, 7530

a35147 abara kedabra logo finaal 1

Vir meer as 34 jaar bied Abra-Kedabra Crèche gehalte sorg en opvoeding vir kinders van 3 maande tot 6 jaar oud. Ons gekwalifiseerde opvoeders het jare se ondervinding en skep ‘n omgewing waar elke kind kan floreer.

https://www.abrakedabra.co.za/

Kleuterskool & Laerskool

Hartland Akademie

Hartland Lifestyle Estate, Hartenbos, Hartland, 6520

Hartland Akademie is ‘n voorskool en laerskool en ons beplan om in 2026 te open met graad RRRR (2-jariges) tot graad 3 en organies te groei tot graad 7 in jare wat volg.

https://www.hartlandakademie.co.za/

Kleuterskool

Die Rots

Linden

‘n Nuwe manier van onderrig. Hier voel ‘n leerder hy/sy word gehoor vir die manier waarop hy/sy leer. Ons is sensitief vir verskillende leerstyle. Ons weet alle kinders is slim, maar net verskillend slim!

https://www.dierots.co.za/

Kleuterskool & Laerskool

Vuurvliegie Akademie

Goodrick Str, Beaufort Wes, 6970

Vuurvliegie Akademie bied hoë kwaliteit onderrig met ‘n kreatiewe aanslag aan. Ons kinders word individueel benader. Dit is vir ons belangrik om elkeen se interne begeerte om te leer aan te wakker, sodat hulle in `n onseker toekoms sal floreer.

https://vuurvliegieakademie.co.za/

Hoërskool

Karos Akademie

Beaufort-Wes

‘n Droom om Karoo-kinders die kwaliteit onderrig te bied wat kinders in die groot stede geniet – uit die gerief en sekuriteit van hul ouerhuis.

https://www.karosakademie.co.za/

Kleuterskool

Kleinhoewe Kleuterskool

Proteapark, Rustenburg

Welkom by Kleinhoewe Kleuterskool – die plaasskool in die stadsgewoel waar jou kind in vars lug deur ons leer-deur-speel-kultuur sal floreer! Goeie waardes is vir ons net so belangrik as vir ons ouers en daarom is Kleinhoewe ‘n verlenging van die ouerhuis waar elke kind met liefde, deernis en begrip versorg word.

https://www.kleinhoewekleuterskool.co.za/

Kleuterskool

Knikkie Knakkie

Wonderboom, Pretoria

Ons is lief vir en passievol oor kinders en skep `n kindgerigte omgewing van hoë kwaliteit waar kinders veilig is, geborge voel en hulself gate uit geniet.

https://www.knikkieknakkie.co.za/

Aanlyn Tuisskooldiens

MOS-Wêreldwyd

Aanlyn-Tuisskooldiens

Ons wêreldklas-onderrig help jou kind om te floreer. Die bekostigbare aanlyn tuisskooldiens wat jou kind vir die toekoms toerus.

https://www.moswereldwyd.co.za/

Hoërskool & Laerskool

Futurum Akademie

Jan Kempdorp/Vaalharts

Futurum Akademie het sy deure amptelik in Januarie 2017 oopgemaak. Grade strek van Gr.R tot Gr 12.

https://www.futurumakademie.co.za/